1VRAAG: Hoe gaan die ADB Bybelskool aangebied word? 
Die Bybelskool vir die eerste kwartaal van 2021 word AANLYN aangebied. Ons verken baie alternatiewe in die laaste paar maande, en dit is veral die digitale wêreld wat welkome alternatiewe bied. Kom word deel van hierdie nuwe leerervaring!
2VRAAG: Watter Bybelboeke word eerste behandel?
ADB Bybelskool bied ‘n studie aan oor Openbaring. Ons glo dit gaan ‘n avontuur wees om saam te ontdek hoe God se boodskapper in Openbaring, in ons lewens kan inspreek selfs in 2021.
3VRAAG: Hoeveel gaan dit kos?
Dit word Gratis aangebied. Dit kos jou net tyd en toewyding. (As jy wel ‘n bydrae wil maak, doen dit dan asseblief in die algemene gemeentefonds. Inligting ook op die webblad beskikbaar.)
4VRAAG: Hoe gaan dit prakties werk?
Die aanlyn Bybelskool bied meeste van die elemente van ‘n tradisionele Bybelskool behalwe dat die ‘in persoon’ saamwees vervang word met ‘aanlyn’ saamwees. Dit word verder aangevul met video, klank en ander beeldmateriaal. (Media-ryk soos hulle dit in hierdie wêreld noem).

Hoe gaan dit prakties werk? Daar gaan ‘n oggend en ‘n aand geleentheid wees en jy kan kies watter tyd jou die beste pas. Ons beplan om Maandag 15 Februarie te begin. Die oggend groep is 10:30 – 11:30 in die voormiddagAandgroep begin 19:00 – 20:00 in die aand.

Vul jou voorkeur op die registrasievormpie in asb.

Jy is ook welkom om terwille van jou eie beskikbaarheid, soms die ‘ander’ geleentheid by te woon as jy byvoorbeeld wil opvang op ‘n sessie wat jy gemis het.
5VRAAG: Hoe word die studiemateriaal aangebied?
Ons kombineer aanlyn-lesmateriaal en tuisleeswerk met die voordeel van ‘dieselfde tyd’ (realtime) deelname aanlyngesprekke (sinchronisties – as jy bekend is met die woord). Daar is drie hoofkomponente van die Bybelskool:

1.       Self-studie
2.       Groep-studie
3.       Bronne en hulpmiddels

Maar die HART van die Bybelskool, is die aanlynklasse waar ons almal vir ongeveer 60-90 minute op ’n spesifieke dag en tyd saam AANLYN is. Dis hier waar besprekings deur kenners gelei word en ons vrae kan vra en deelneem aan gesprekke.

Dit werk so:
Leraars en kenners bied die tema weekliks aan en lei die besprekings.
Kursusmateriaal is aanlyn beskikbaar vir voorbereiding van die aanlynsessies.
Groepsgesprekke deur middel van ‘n digitale platform wat beeld en klank ondersteun. (dink aan Zoom en Skype en soortgelyke digitale platforms).
Persoonlike ondersteuning aan elke aanlyn-Bybelskoolstudent – soos nodig.
Ons stel blitsvrae op oor die Bybelboek wat jy in die week moet betudeer. Dit is jou keuse of jy dit wil invul om so jou kennis verder vas te lê. Ons hou dit prettig, kort en opsioneel. Dui jou voorkeur aan op die registrasievorm. Klik hier vir ‘n voorbeeld.    
6VRAAG: Hoe woon jy by?
Met die klik van jou rekenaar-muis!
1.       Gaan na die ADB Webblad
2.       Maak die skakel vir Bybelskool oop
3.       Vul die registrasievormpie in en handig in (submit)
4.       Begin solank lees aan die voorgeskrewe leesstof
7VRAAG: Watter voordele is daar vir ‘n aanlyn Bybelskool?
Ons weet dit word algemeen gesien as Plan B, maar dink net gou saam met ons aan die addisionele voordele van die Bybelskool ‘aanlyn’.
· Jy hoef nêrens heen te ry nie – veral nie in koue of donker ure van die dag of aand nie.
· Jy woon die sessies by vanuit die gerief van jou eie huis (selfs in die bed)
· Jy het aanlyn toegang tot ‘n verskeidenheid bronne wat die bestudering van die Bybel aanvul en verryk.
· Mense selfs buite ons gemeente en Johannesburg-grense kan deel wees (nooi gerus vriende en familie-lede)
· Ons vorm saam ‘n gemeenskap wat iets kosbaars en blywend deel.
8VRAAG: Watter vaardighede en tegniese gereedskap is nodig?
· Verkieslik ‘n skootrekenaar, maar jy kan ook met jou tablet of slimfoon inskakel.
· Internet toegang (d.m.v. ‘n LAN – Local area Network met ‘n kabel, WiFi (Wireless network) of jy kan jou selfoon data gebruik, maar ons beveel dit nie aan nie. (Ons plaas ‘n skakel ook op die webblad as jy meer wil verstaan van Internet netwerke).
· Basiese kennis van rekenaarvaardighede (laat weet gerus as jy een-tot-een hulp nodig het aanvanklik)
· ‘n Sin vir avontuur
· ‘n Verlange om meer te weet van die Bybel
· ‘n Behoefte om saam met mede-gelowiges te leer en aan besprekings deel te neem
9VRAAG: Is daar sekuriteits risikos?
Die Bybelskool word d.m.v. die Internet aangebied en net soos jy vir enige Internet gebruik en soektogte persoonlike sekuriteitsmaatreëls moet opstel, so ook vir die aanlyn Bybelskoolfunksie.
Ons gebruik wettige en geregistreerde programme en sover ons weet is daar geen sekuriteitsrisikos nie.
10VRAAG: Watter sagteware word gebruik?
Google Classroom en Google Meet is die sagteware wat ons vir die Bybelskool gebruik.

· Skootrekenaar – die sagteware is ‘cloud-based’ so jy het net ‘n Internetkonneksie en jou ‘web browser’ nodig (Verkieslik Google Chrome). Geen installering is nodig nie.

· Selfoon of tablet – daar is handige toepassings (Apps) wat jy kan aflaai vir Google Classroom. Klik hier om meer te lees.

Vir Google Meet, gaan na Google Play of die iPhone App Store.
11VRAAG: Waar kan jy aanklop vir hulp?
Jy kan gerus die dominees, Jannie of Jurie kontak of die Kerkkantoor skakel vir algemene inligting by 011782-5231/0762578170.

Hannie Harmse sal aanvanklik die administrasie en registrasie van die Bybelskool Aanlyn hanteer.
12VRAAG: Nou wat is jou volgende stap?
Vul die registrasievorm in op die Aan-die-Berg webtuiste.

Ons sien uit om jou aanlyn in die ADB Bybelskool kuberruimte te ontmoet.

Vrywaring – soos met alle nuwe ervarings en tegniese bekendstelling, verwag ons ook ‘n paar groeipyne. Wees asb geduldig aan die begin en deel jou mening en opinie sodat ons die leer ervaring so aangenaam en professioneel moontlik maak vir almal wat deelneem.