ADB Aanlyn Bybelskool – Vrae en Antwoorde 

     

VRAAG: Hoe gaan die ADB Bybelskool aangbied word?
 

Die Bybelskool vir die laaste halfjaar van 2020 word AANLYN aangebied.

Ons verken baie alternatiewe in die laaste paar maande, en dit is veral die digitale wêreld wat welkome alternatiewe bied. Kom word deel van hierdie nuwe leerervaring!

      

VRAAG: Watter Bybelboeke word eerste behandel?

 

ADB Bybelskool bied ‘n studie aan oor die klein profete. Ons glo dit gaan ‘n avontuur wees om saam te ontdek hoe God se boodskappers van die Ou Testament, in ons lewens kan inspreek selfs in 2020.

 

VRAAG: Hoeveel gaan dit kos?
 

Dit word Gratis aangebied.

Dit kos jou net tyd en toewyding.

(As jy wel ‘n bydrae wil maak, doen dit dan asseblief in die algemene gemeentefonds. Inligting ook op die webblad beskikbaar.)

   

VRAAG: Hoe gaan dit prakties werk?
 

Die aanlyn Bybelskool bied meeste van die elemente van ‘n tradisionele Bybelskool behalwe dat die ‘in persoon’ saamwees vervang word met ‘aanlyn’ saamwees.

Dit word verder aangevul met video, klank en ander beeldmateriaal. (Media-ryk soos hulle dit in hierdie wêreld noem).

Hoe gaan dit prakties werk?

Daar gaan ‘n oggend en ‘n aand geleentheid wees en jy kan kies watter tyd jou die beste pas.

Ons beplan om Maandag 6 Julie te begin.

·       Die oggend groep is 10 – 11 uur in die voormiddag.

·       Aandgroep begin 19 – 20 uur in die aand.

Vul jou voorkeur op die registrasievorm in asb. Jy is ook welkom om terwille van jou eie beskikbaarheid, soms die ‘ander’ geleentheid by te woon as jy byvoorbeeld wil opvang op ‘n sessie wat jy gemis het.

 
VRAAG: Hoe word die studiemateriaal aangebied?
 

Ons kombineer aanlyn lesmateriaal en tuisleeswerk met die voordeel van ‘dieselfde tyd’ (realtime) deelname aanlyn gesprekke (sinchronisties – as jy bekend is met die woord).

Daar is drie hoofkomponente van die Bybelskool:

1.       Self-studie

2.       Groep-studie

3.       Bronne en hulpmiddels

Maar die HART van die Bybelskool, is die aanlyn klasse waar ons almal vir ongeveer 60-90 minute op ‘n spesifieke dag en tyd saam AANLYN is. Dis hier waar besprekings deur kenners gelei word en ons vrae kan vra en deelneem aan gesprekke.

Dit werk so:
  • Leraars en kenners bied die tema weekliks aan en lei die besprekings.
  • Kursus materiaal is aanlyn beskikbaar vir voorbereiding van die aanlyn sessies.
  • Groepsgesprekke deur middel van ‘n digitale platform wat beeld en klank ondersteun (dink aan Zoom en Skype en soortgelyke digitale platforms).
  • Persoonlike ondersteuning aan elke aanlyn Bybelskool student – soos nodig.
  • Ons stel blitsvrae op oor die Bybelboek wat jy die week moet betudeer. Dit is jou keuse of jy dit wil invul om so jou kennis verder vas te lê. Ons hou dit prettig, kort en opsioneel. Dui jou voorkeur aan op die registrasievorm. Klik hier vir ‘n voorbeeld.
 
VRAAG: Hoe woon jy by?
 

Met die klik van jou rekenaar-muis!

1.       Gaan na die ADB Webblad.

2.       Maak die skakel vir Bybelskool oop.

3.       Vul die registrasie vormpie in en handig in (submit).

4.       Begin solank lees aan die voorgeskrewe leesstof.

 
VRAAG: Watter voordele is daar vir ‘n aanlyn Bybelskool?
 

Ons weet dit word algemeen gesien as Plan B, maar dink net gou saam met ons aan die addisionele voordele van die Bybelskool ‘aanlyn’.

  • Jy hoef nêrens heen te ry nie – veral nie in koue of donker ure van die dag of aand nie.
  • Jy woon die sessies by vanuit die gerief van jou eie huis (selfs in die bed).
  • Jy het aanlyn toegang tot ‘n verskeidenheid bronne wat die bestudering van die Bybel aanvul en verryk.
  • Mense selfs buite ons gemeente en Johannesburg-grense kan deel wees (nooi gerus vriende en familie-lede).
  • Ons vorm saam ‘n gemeenskap wat iets kosbaars en blywend deel.
 
VRAAG: Watter vaardighede en tegniese gereedskap is nodig?
 
  • Verkieslik ‘n skootrekenaar, maar jy kan ook met jou tablet of slimfoon inskakel.
  • Internet toegang (d.m.v. ‘n LAN – Local area Network met ‘n kabel, WiFi (Wireless network) of jy kan jou selfoon data gebruik, maar ons beveel dit nie aan nie.
  • Basiese kennis van rekenaarvaardighede (laat weet gerus as jy een-tot-een hulp nodig het aanvanklik).
  • ‘n Sin vir avontuur.
  • ‘n Verlange om meer te weet van die Bybel.
 
VRAAG: Is daar sekuriteits risikos?
 

Die Bybelskool word d.m.v. die Internet aangebied en net soos jy vir enige Internet gebruik en soektogte persoonlike sekuriteits maatreëls moet opstel, so ook vir die aanlyn Bybelskool funksie.

Ons gebruik stoorplek en platforms wat wettig en geregistreerd is. Daar word nie verwag dat jy die sagteware moet installeer nie omdat dit ‘cloud-based’ is. Sover ons weet, is daar geen sekuriteits risikos nie.

 
VRAAG: Waar kan jy aanklop vir hulp?
 

Jy kan gerus die dominees, Jannie of Jurie kontak of die Kerkkantoor skakel vir algemene inligting by 0762578170.

Helena Schoeman (0836490930) sal aanvanklik die administrasie en registrasie van die Bybelskool Aanlyn hanteer.

 
VRAAG: Nou wat is jou volgende stap?
 

Vul die inskrywingvorm in op die Aan-die-Berg webtuiste.

 

Ons sien uit om jou aanlyn in die ADB Bybelskool kuberruimte te ontmoet.

Vrywaring – soos met alle nuwe ervarings en tegniese bekendstellings, verwag ons ook ‘n paar groeipyne. Wees asb geduldig aan die begin en deel jou mening sodat ons die leerervaring so aangenaam en professioneel moontlik maak vir almal wat deelneem.