LIEFDE
En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
1 Korinthiërs 13:13
VREDE
En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
Fillipense 4:7
DIENS
Ons is medewerkers in diens van God, en julle is die saailand van God. Julle is ook die gebou van God.
1 Korinthiërs 3:9
EREDIENSTE IN ONS KERKGEBOU
Liewe Aan-die-Berg lidmaat, met die oog op die Paasnaweek wil ons graag die volgende onder julle aandag bring:
Goeie nuus – ons mag tot 250 mense tydens die eredienste akkommodeer.
Ons Goeie Vrydagdiens is Vrydag om 09:00.
Vir Sondag se Nagmaalsdiens – ook 09:00 – vra ons dat almal ‘n blom of twee saambring en voor in die kerk plaas.
Ons jubel oor die opstanding!
Albei die dienste sal ook op Youtube beskikbaar wees.
Onthou die maskers asseblief!
Aan-die-Berg Groete
JONGSTE NUUS
Ten diepste leef 'n gemeente wanneer elke gemeentelid getrou met die Bybel omgaan en self God se stem hoor en self die ‘strome lewende water’ wat Jesus gee (Johannes 7:38) laat uitstroom na 'n dorstige wêreld. M.a.w. in elkeen se lewe gebeur ‘beslissende oomblikke’ van ontmoeting met God wat die gemeente soos suurdeeg deurtrek.

Aan-die-Berg Gemeente
Bank: ABSA
Reknr 730580045
Takkode: 334705
Verwysing: Naam en waarvoor (Faks asb verwysing na 0866085691)
Huis Aasvoëlkop
Abraham Kriel Bambanani NPC
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Rekeningnr: 4056633837
