jeug dienste van Aan die berg kerk in northcliff randburg johannesburg

JEUG

Hierdie groep fokus op die kleuters, laerskoolleerders, tieners en die Belydenisklas, asook jong volwassenes.

Aan-die-Berg Jeug is nie net vir kinders nie. Dit is vir almal wat voel hulle is nog jonk aan die binnekant. Alle kinders en vrywilligers is hier welkom. Ons hoop vir die Jeug is om saam met hulle ‘n op reis te gaan, waarheen weet niemand nie, solank ons op soek bly na God se wil. Die Aan-die-Berg Jeug bedienings bestaan uit vier groepe:

  • Jong groep: Voorskool tot Gr 3
  • Middel groep: Gr 4 tot 6
  • Senior groep: Gr 7 tot 9
  • Belydenis groep: Gr 10 tot 12

Vir meer inligting stuur asb vir Faan Conradie ‘n e-pos [email protected] 

BERGSORG

Ons Gemeente is betrokke by verskillende liefdadigheidsprojekte.

Op die eerste Saterdag van elke maand word maalvleis en vrugte aan mense in Claremont en Newlands voorsien, en vars vrugte word by Tshepo, Ry-Ma-In en Huis Aasvoëlkop gegee.

Kospakkies word waar nodig verskaf en daar is Kersprojekte teen die einde van die jaar.

Ons benodig o.a. vrywilligers om broodjies vir die sopkombuise te help smeer, mans om met die aflewering van die vrugte op die Saterdae te help, mense wat by Huis Aasvoëlkop met die huiswerk en algemene stimulering van die meisies kan help.

Finansiële bydraes en skenkings is ook altyd welkom!

Weeklikse deurkollekte-bydraes is ten bate van die volgende projekte:

  • MES (www.mes.org.za) Opheffingsprogram in die middestad waar haweloses bemagtig word om betekenisvolle lewens te lei. Programme gerig op kleuterskole in Hillbrow, ‘n na-skool sorgsentrum en entrepreneur-opleiding vir volwassenes.
  • Tshepo (www.tshepo.org.za) Gemeenskapsontwikkeligsprojek in ons omgewing gestig deur die Linden Fraternal kerke. Werksverskaffing en na-skoolsorgsentrum gerig op inwoners van Windsor. Die Sizanani – tonnel projek verskag organiese groente met werkverskaffing en opleiding aan werkloses.
  • Claremont – Voedingsprojekte : verskeie voedingskemas word ondersteun, o.a. kos aan twee laerskole, maandelikse kospakkies aan bejaardes en bydraes tot verskeie sopkombuise.
  • Huis Aasvoëlkop: Abraham Kriel Bambanani se satelliethuis vir dogters waar tien hoërskool dogters saam met ‘n huisma en pa woon. Die huisonderhoud word sentraal vanaf Abraham Kriel ondersteun, maar alle skool en na-skoolse benodigdhede asook persoonlike items word deur die gemeente verskaf.
  • Ry-Ma-In Selfsorgsentrum waar kwadruplegiese inwoners selfonderhoudend woon. Fondsinsameling geskied deur ‘n Ry-Ma-In winkel waar 2e handse huishoudelike items verkoop word.

 

Liewe gemeente. Die afgelope jaar en ‘n half het net weer bevestig hoe afhanklik ons van die Here se genade is. Hoewel die pandemie steeds ‘n impak het op ons eredienste en sommige van ons uitreike, is ons baie dankbaar vir die wonderlike werk wat steeds gedoen word. Hierdie video werp lig op die Claremont-projek. Deel dit gerus in jou kring – alle ondersteuning word waardeer. Groetnis

ADB kerk Versorgingsdienste

BERG-FORUM

  • Stimulerende gesprekke en aktiwiteite elke laaste Dinsdag van die maand
  • Inskakeling in kleiner groepe van mense met dieselfde belangstelling, bv, die breigroep op ‘n Donderdagoggend.
  • Ondersteuning met inkopies, doktersbesoeke ens. waar nodig vir verswakte bejaardes

’n Propvol program met lekker musiek, aktuele besprekings en lekker eetgoed bly iets om na uit te sien. Vergaderings begin om 10:30 en duur gewoonlik so net kort van twee ure.

Jy hoef nie 60+; 70+ of 80+ te wees om by te woon nie, enigeen is welkom by hierdie gesellige geleentheid.

Praat gerus met die kerkkantoor of stuur ‘n e-pos na [email protected]

EKO-BEDIENING

Die diensgroep se oogmerk is om groter bewustheid te skep oor kwessies rakende die omgewing en spesifiek om die volgende uit te leef en te propageer:

  • Refuse: Weier die enkelgebruik van plastiekprodukte soos inkopiesakke en koeldrankstrooitjies.
  • Reduce: Verminder die gebruik van skaars hulpbronne soos water en elektrisiteit.
  • Re-use: Weergebruik van glas, papier, plastiese bottels en plastiese proppe asook broodknippies.
  • Recycle: Verdeel glas, plastiese produkte, blikke, papier, kombuisafval en skadelike items soos batterye en plaas in aparte houers vir verwydering.

Aktiwiteite:

  • Herwinning van rommel
  • Tel elke 3e Saterdag van die maand rommel op in die omgewing van die kerk
  • Versamel Eko-stene om ‘n huis te bou
  • Versamel bottelproppe en broodknippies om die Sweetheart Foundation te ondersteun om rolstoele vir minderbevoorregtes te kan gee.
Vir meer inligting, e-pos die Eko-bediening se sameroeper, Liezl Gouws per e-pos by [email protected]
Bybelstudie

GEBEDSGROEP

Die WhatsApp gebedsgroep bied interaktiewe meelewing aan al die lede.

Vir meer inligting kontak die kerkkantoor of stuur ‘n e-pos vir Thea Killian [email protected] 

STILWORD-GROEP

Elke eerste en derde Vrydagmiddag van die maand is daar ‘n Stilwordmiddag in die konsistorie van 14:15 tot 16:45. Die doel daarvan is om in die Here te rus en op die uitnodiging in Matt 11:28 te reageer: “Kom na My toe, almal wat moeg en oorlaai is en Ek sal julle rus gee”. Ons stel onsself dan oop om na die Here en na onsself te luister. Dis belangrik dat mense die Kerkkantoor of Ansie Gous bel by 084 512 9421 indien hulle dit wil bywoon. Vir mense wat dit alleen tuis wil doen, is alles op ‘n e-pos beskikbaar. Stuur jou naam en e-pos-adres per WhatsApp na Ansie.

VERWELKOMING VAN NUWE LIDMATE

Ons verwelkom nuwe lidmate en help hulle om tuis te voel en by ons gemeente-aktiwiteite in te skakel.

VERWELKOMING BY DIE KERKDEURE

Op ‘n Sondagoggend verwelkom ons die kergangers by die deure. Verskeie mense help op ‘n rotasiebasis hiermee.

BERGDIENS

Dié groep is verantwoordelik vir Gemeentefunksies (soos die Kuierfees), die tee- en blommekring en kerkkoor.

KOOR

Die Aan-die-Berg Koor is ‘n jarelange instelling in ons gemeente en word gelei deur ons legendariese orrellis, Fanie van Vuuren. 

Die koor oefen elke Sondagaand om 18:30 en almal is welkom. 

Vir meer inligting, skakel asb vir Fanie van Vuuren by 082 536 4665 of Mari van den Berg by 083 952 8197.