jeug dienste van Aan die berg kerk in northcliff randburg johannesburg

ADB JEUG

Aan-die-Berg Jeug is nie net vir kinders nie. Dit is vir almal wat voel hulle is nog jonk aan die binnekant. Alle kinders en vrywilligers is hier welkom. Ons hoop vir die Jeug is om saam met hulle ‘n op reis te gaan, waarheen weet niemand nie, solank ons opsoek bly na God se wil. Die Aan-die-Berg Jeug bedienings bestaan uit vier groepe:

  • Jong groep: Voorskool tot Gr 3
  • Middel groep: Gr 4 tot 6
  • Senior groep: Gr 7 tot 9
  • Belydenis groep: Gr 10 tot 12

Vir meer inligting stuur asb vir Faan Conradie ‘n epos [email protected] 

ADB kerk Versorgingsdienste

ADB SENIORS

Ons aksie vir hierdie lidmate speel elke laaste Vrydag van die maand af in die kerksaal.

’n Propvol program met lekker musiek, aktuele besprekings en lekker eetgoed bly iets om na uit te sien. Vergaderings begin om 10:30 en duur gewoonlik so net kort van twee ure.

Jy hoef nie 60+; 70+ of 80+ te wees om by te woon nie, enigeen is welkom by hierdie gesellige geleentheid.

Praat gerus met die kerkkantoor of stuur ‘n epos na [email protected]

Bybelstudie

SELGROEPE

Aan-die-Berg Gemeente het tans sowat agt selgroepe. Tydens die inperkings-periode ondersoek ons tans alternatiewe modelle vir selgroepe. Die baie aanlyn platforms bied oorvloed geleenthede en die model waarna ons kyk gaan poog om mense vir sowat 60 minute interaktief te betrek by twee beginsels – ‘Skrifstudie’ en ‘Geloofsgewoontes’ . Die Bybel bly vir ons saamgevat in hierdie woorde: U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad – Psalm 119:105.

Vir meer inligting kontak die kerkkantoor of Ella Parsons 083 419 3798. Ons wil baie graag hierdie bediening ’n sterk fokus in die gemeente hou.

BERGSORG

Weeklikse deurkollekte-bydraes is ten bate van die volgende projekte:

MES (www.mes.org.za) Opheffingsprogram in die middestad waar haweloses bemagtig word om betekenisvolle lewens te lei. Programme gerig op kleuterskole in Hillbrow, ‘n na-skool sorgsentrum en entrepreneur-opleiding vir volwassenes.

  • Tshepo (www.tshepo.org.za) Gemeenskapsontwikkeligsprojek in ons omgewing gestig deur die Linden Fraternal kerke. Werksverskaffing en na-skoolsorgsentrum gerig op inwoners van Windsor. Die Sizanani – tonnel projek verskag organiese groente met werkverskaffing en opleiding aan werkloses.
  • Claremont – Voedingsprojekte : verskeie voedingskemas word ondersteun, o.a. kos aan twee laerskole, maandelikse kospakkies aan bejaardes en bydraes tot verskeie sopkombuise.
  • Huis Aasvoëlkop: Abraham Kriel Bambanani se satelliethuis vir dogters waar tien hoërskool dogters saam met ‘n huisma en pa woon. Die huisonderhoud word sentraal vanaf Abraham Kriel ondersteun, maar alle skool en na-skoolse benodigdhede asook persoonlike items word duer die gemeente verskaf.
  • Ry-Ma-In Selfsorgsentrum waar kwadruplegiese inwoners selfonderhoudend woon. Fondsinsameling geskied deur ‘n Ry-Ma-In winkel waar 2e handse huishoudelike items verkoop word.

Kontakpersone:

  • MES: Thérèse de Frey | 083 291 4486
  • Tshepo: Elbert de Kock | 083 253 9642
  • Claremont: Loïse de Kock | 083 264 5687
  • Huis Aasvoëlkop: Loïse de Kock | 083 264 5687
  • Ry-Ma-In: Hester Steynberg | 083 096
 
 

Liewe gemeente. Die afgelope jaar en ‘n half het net weer bevestig hoe afhanklik ons van die Here se genade is. Hoewel die pandemie steeds ‘n impak het op ons eredienste en sommige van ons uitreike, is ons baie dankbaar vir die wonderlike werk wat steeds gedoen word. Hierdie video werp lig op die Claremont-projek. Deel dit gerus in jou kring – alle ondersteuning word waardeer. Groetnis

EKO-BEDIENING

Die diensgroep se oogmerk is om groter bewustheid te skep oor kwessies rakende die omgewing en spesifiek om die volgende uit te leef en te propageer:

  • Refuse: Weier die enkelgebruik van plastiekprodukte soos inkopiesakke en koeldrankstrooitjies.
  • Reduce: Verminder die gebruik van skaars hulpbronne soos water en elektrisiteit.
  • Re-use: Weergebruik van glas, papier, plastiese bottels en plastiese proppe asook broodknippies.
  • Recycle: Verdeel glas, plastiese produkte, blikke, papier, kombuisafval en skadelike items soos batterye en plaas in aparte houers vir verwydering.
Vir meer inligting, e-pos die Eko-bediening se sameroeper, Liezl Gouws per epos by [email protected]
Sang musiek en koor - NG kerk johannesburg

KOOR

Die Aan-die-Berg Koor is ‘n jarelange instelling in ons gemeente en word gelei deur ons legendariese orrellis’ Fanie van Vuuren. 

Die koor oefen elke Sondagaand om 19:00 en almal is welkom. 

Vir meer inligting, skakel asb vir Fanie van Vuuren by 082 536 4665 of Mari van den Berg by 083 952 8197.