ADB JEUG

Faan Conradie

Sameroeper

ADB Jeug

Hierdie groep fokus op die kleuters, laerskoolleerders, tieners en die Belydenisklas, asook jong volwassenes.

Aan-die-Berg Jeug is nie net vir kinders nie. Dit is vir almal wat voel hulle is nog jonk aan die binnekant. Alle kinders en vrywilligers is hier welkom. Ons hoop vir die Jeug is om saam met hulle ‘n op reis te gaan, waarheen weet niemand nie, solank ons opsoek bly na God se wil. Die Aan-die-Berg Jeug bedienings bestaan uit vier groepe:

  • Jong groep: Voorskool tot Gr 3
  • Middel groep: Gr 4 tot 6
  • Senior groep: Gr 7 tot 9
  • Belydenis groep: Gr 10 tot 12
  • Jong volwassenes

Vir meer inligting skakel asb die Kerkkantoor of epos [email protected] / [email protected]

BELANGEGROEPE

Ella Parsons

Sameroeper

Berg-Forum (Seniors)

Sameroeper: Pieter en Karina van Huyssteen

Ons aksie vir hierdie lidmate speel elke laaste Vrydag van die maand af in die kerksaal.

’n Propvol program met lekker musiek, aktuele besprekings en lekker eetgoed bly iets om na uit te sien. Vergaderings begin om 10:30 en duur gewoonlik so net kort van twee ure.

Jy hoef nie 60+; 70+ of 80+ te wees om by te woon nie, enigeen is welkom by hierdie gesellige geleentheid. 

  • Stimulerende gesprekke en aktiwiteite elke laaste Dinsdag van die maand
  • Inskakeling in kleiner groepe van mense met dieselfde belangstelling, bv, die breigroep op ‘n Donderdagoggend.
  • Ondersteuning met inkopies, doktersbesoeke ens. waar nodig vir verswakte bejaardes

Skakel die kerkkantoor vir meer info 0117825231 | 0762578170

Eko-bediening

Sameroeper: Liesl Gouws

Die diensgroep se oogmerk is om groter bewustheid te skep oor kwessies rakende die omgewing en spesifiek om die volgende uit te leef en te propageer:

  • Bewusmaking oor besoedeling, aardverwarming ens.
  • Herwinning van rommel
  • Tel elke 3e Saterdag van die maand rommel op in die omgewing van die kerk
  • Versamel Eko-stene om ‘n huis te bou
  • Versamel bottelproppe en broodknippies om die Sweetheart Foundation te ondersteun om rolstoele vir minderbevoorregtes te kan gee.

Stilword-Groep

Sameroeper: Ansie Gouws

Elke eerste en derde Vrydagmiddag van die maand is daar ‘n Stilwordmiddag in die konsistorie van 14:15 tot 16:45. Die doel daarvan is om in die Here te rus en op die uitnodiging in Matt 11:28 te reageer: “Kom na My toe, almal wat moeg en oorlaai is en Ek sal julle rus gee”. Ons stel onsself dan oop om na die Here en na onsself te luister. Dis belangrik dat mense die Kerkkantoor of Ansie Gous bel by 084 512 9421 indien hulle dit wil bywoon. Vir mense wat dit alleen tuis wil doen, is alles op ‘n e-pos beskikbaar. Stuur jou naam en epos-adres per WhatsApp na Ansie.

Verwelkoming van nuwe lidmate

Sameroeper: Ella Parsons

Ons verwelkom nuwe lidmate en help hulle om tuis te voel en by ons gemeente-aktiwiteite in te skakel.

Verwelkoming by die Kerkdeure

Sameroeper: Ella Parsons

Op ‘n Sondagoggend verwelkom ons die kergangers by die deure. Verskeie mense help op ‘n rotasiebasis hiermee.

BERGDIENS

Helmut Carow

Sameroeper

Die Bergdiens bedieningsgroep het ‘n diensfokus na binne die gemeente.

Dié groep is verantwoordelik vir Gemeentefunksies (soos die Kuierfees), die tee- en blommekring en kerkkoor.

Die diensgroep se aktiwiteite sluit in die omsien van al die elemente rondom eredienste (blomme, verwelkoming en die bediening van tee en koffie ná die diens asook spesiale geleenthede, besoekers, en optredes van die ADB Koor) asook gemeente funksies (onder meer die jaarlikse Basaar, Koorfees, en Dankseggingsfees).

BERGSORG

Johandie Slabbert

Sameroeper

Ons Gemeente is betrokke by verskillende liefdadigheidsprojekte.

Op die eerste Saterdag van elke maand word maalvleis en vrugte aan mense in Claremont en Newlands voorsien, en vars vrugte word by Tshepo, Ry-Ma-In en Huis Aasvoëlkop gegee.

Kospakkies word waar nodig verskaf en daar is Kersprojekte teen die einde van die jaar.

Ons benodig o.a. vrywilligers om broodjies vir die sopkombuise te help smeer, mans om met die aflewering van die vrugte op die Saterdae te help, mense wat by Huis Aasvoëlkop met die huiswerk en algemene stimulering van die meisies kan help.

Finansiële bydraes en skenkings is ook altyd welkom!

Christ has no body but yours, no hands, no feet on earth but yours.
Yours are the eyes with which he looks compassion on this world.
Yours are the feet with which he walks to do good.
Yours are the hands with which he blesses all the world.
Yours are the hands, yours are the feet, yours are the eyes, you are his body.
Christ has no body now on earth but yours.

- Teresa v Avila (1515-1582)

Hierdie bekende woorde van vier eeue gelede is die basis waarop sorg en barmhartigheid vanuit die gemeente moet vloei.

Weeklikse deurkollekte-bydraes is ten bate van die volgende projekte

Kontakpersone:

KOMMUNIKASIE

Kerkkantoor

Sameroeper

BERGSTEUN

Johann Müller

Sameroeper

Bergsteun is verantwoordelik vir die finansies, die personeel en die bestuur van die eiendomme.

KANTOORBESTEUR

Hannie Harmse

Sameroeper

MISSIONAAL

Louis Fick

Sameroeper

Jesus se laaste opdrag aan Sy volgelinge was om alle mense Sy dissipels te maak (Matt 28:18-20)

Hierdie opdrag, om die evangelie van verlossing en genade uit te dra, ken geen beperkings nie, die wye wêreld is die horison. Dit impliseer tog dat ons in die onmiddellike omgewing begin, maar ook daarna streef om onselfsugtig alle grense oor te steek, soos Hy alle grense oorgesteek het. In die proses moet elke faset van menswees aangeraak word; armoede, ongerief, pyn en lyding en moet hoop bedien word in Sy Naam en deur die krag van Sy Gees. Diep bewus van ons eie onvermoë pak ons hierdie opdrag met waagmoed aan.