#1
Theosis
#2
Kenosis
#3
Perigorese
#4
Missio Dei
Ontmoetings met die lewende God.
Pinkster by Aan-die-Berg Gemeente.
2-5 Junie 2025 elke aand 18:00
Dr Frederick Marais
Maandag 2 Junie 2025God ontvang ons (theosis)
Dinsdag 3 Junie 2025God Bevry ons (kenosis)
Woensdag 4 Junie 2025God gee vir ons gemeenskap (perigorese)
Donderdag 5 Junie 2025God stuur ons (missio Dei)
Wat kan ons verwag wanneer ons ‘n ontmoeting met die lewende God het?
Die eerste antwoord is dat daar veel meer met ons gebeur in ontmoetings met God as wat ons normaalweg dink. In die tweede plek is die ontmoetings wonderliker as jy mag vermoed. En dan verder ook dat ons lewe onomkeerbaar verander in ontmoetings met God.
In hierdie Pinkster gaan ons kyk na getuienisse uit die Bybel en hoe gelowiges deur die eeue op dié vraag sou reageer. Ons gaan stilstaan by hoe God ons ontvang as ‘n gas, hoe ons bevry word, hoe ons leer om te dans en wat dit beteken om op reis te gaan met God.