GESKIEDENIS
Aan-die-Berg Gemeente het op 1 Julie 2018 sy ontstaan gehad ná die samesmelting van die NG Gemeentes Linden en Aasvoëlkop.
Albei gemeentes het ‘n lang en luisterryke geskiedenis.
NG Kerk Linden is op 8 Oktober 1936 gestig, en die NG Kerk Aasvoëlkop, ‘n dogtergemeente van NGK Linden, het op 10 Junie 1959 tot stand gekom.
Die NG Gemeente Linden het in 1936 van die gemeente Waterval afgestig. Dit was ’n reuse-gebied in die noordweste van Johannesburg en het veral ook die aangrensende buitestedelike en plattelandse gebied bedien.
In die vier wyke is om die beurt elke Sondagmiddag om 15:00 ’n buitediens gehou. Dit was: Linden, Fontainebleau, Fairland en Ferndale.
Op 8 Oktober 1936 het die gemeente amptelik van Johannesburg afgestig. Ds CA van der Merwe van Waterval het die eerste preek behartig en het uitgehelp tot ds DFB de Beer van La Rochelle in 1937 na Linden beroep is.
Verskeie dogtergemeentes is oor die jare uit Linden gestig:
- Ferndale 29 Mei 1944
- Fontainebleau 24 Junie 1955
- Fairland 24 Junie 1955
- Aasvoëlkop 10 Junie 1959
- Lindenpark 14 Maart 1962
Die NG Gemeente Aasvoëlkop het sy naam ontleen aan Aasvoëlkop, die 1 787 m hoë koppie waarop die Northcliff-watertoring gebou is. Die gemeente se eerste leraar was ds. Beyers Naudé, wat as gevolg toenemende druk en kritiek vanweë sy anti-apartheidsuitsprake in Oktober 1963 uit die bediening bedank het.
Op 1 Julie 2018 het die Linden en Aasvoëlkop gemeentes saamgesmelt om Aan-die-Berg Gemeente te vorm. Die nuwe gemeente is gesetel in die ou Aasvoëlkop-kampus te Lawley Rylaan in Northcliff.
LERAAR
Ds Rudi Swanepoel
KERKRAAD
Ouderlingegroep
Gys Landman (Voorsitter)
Henk Fourie (Ouderling)
Thérèse de Frey (Ouderling)
Hannie Harmse (Gemeentebestuurder)
Die rol van die Ouderlingegroep.
Die Ouderlingegroep, bestaande uit een leraar en drie ouderlinge, vorm die leierskorps van die gemeente.
Die “Wat doen ons?” van Aan-die-Berg Gemeente gerig deur:
- Leiding
- Rigtinggewing
- Beleidsvasstelling
- Definiëring van die Visie van die gemeente, en
- voortdurende soeke in gebed en verootmoediging na die wil van God vir die gemeente.
- Aanbidding
- Woordverkondiging
- Liturgie
- Broederlike leiding
- Die geestelike welsyn van die gemeente, en
- Die ouderlinge dien as ‘n klankbord vir die ondersteuning van die leraars.
- Bybelskool
Kerkraad
Bedieningsgroepe
Belangegroepe: Ella Parsons
Diaken
- Bergforum (Pieter & Karina van Huyssteen)
- Gebedsaksie (Thea Killian)
- Ekobediening (Liezl Gouws)
- Stilword-groep (Ansie Gouws)
- Verwelkoming –by deure & nuwe lidmate (Ella Parsons)
Bergdiens: Helmut Carow
Diaken
- Gemeente-funksies
- Teeskink (Mari vd Berg)
- Blommekring (Mari vd Berg)
- Koor (Fanie van Vuuren & Mari vd Berg)
- Konserte
Bergsorg: Johandie Slabbert
Diaken
- Tshepo
- Huis Aasvoëlkop
- Voedselfonds
- Liefdadigheid
- Kersprojek
- Kospakkies
- MES
- Claremont
Kommunikasie: Hannie Harmse
Diaken
- Bergnuus
- Bemarking
- WhatsApps
- SMSe
- Webwerf
- E-posse
- Grafiese ontwerp
Kerkraad
BedRYFSGROEP
Kantoorbestuur: Hannie Harmse
- Skriba
- Administrasie
- Boekhouding
- Lidmaatregister
- Reëlings met Nagmaal
